Hoërskool Zwartkop skuts oppad Nasionale Kampioenskappe toe
ADVERTISEMENT
Zwarrie-skuts gaan Nasionale Kampioenskappe toe! Vier van die Zwarries se bobaas skuts is onlangs vir die NG Skole Skyfskiet Span gekies. Hanno Viljoen is gekies as deel van die o.21 Sportergewere span, Matthew Schutte is vir die o.16 Presisiegewere span gekies en Daniel Swanepoel en Marc Schutte gaan onderskeidelik die o.14 en o.16 Pistolespan verteenwoordig.
Hierdie Zwarries gaan vanaf 5 tot 9 Oktober aan die SANSSU Nationale Kampioenskappe deelneem wat by Caslte de Wildt buite Modimolle aangebied word. Baie geluk, Zwarries!










