Hoërskool Aliwal-Noord skuts skiet in die kol
ADVERTISEMENT
Die eerste Prysskiet vir die jaar het Saterdag, 5 Februarie, by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein plaasgevind. Hoërskool Aliwal-Noord het 5 kranige skuts ingeskryf om hierdie plattelandse skool se naam hoog te gaan hou.
Dit was Annika de Wet en Nellie Geldenhuys se eerste kompetisie en hierdie twee dames het staal in hulle pype. Annika het in die o/14 2P kompetisie saam met al die beginner skuts deelgeneem en toon baie potensiaal. Die ander 4 skuts het aan die 3P en 10m kompetisie deelgeneem en die uitslae het weereens nie teleurgestel nie.
- Izelle van Vuuren het die Buffelharte laat klop toe sy ‘n medalje verower nadat sy ‘n 2de plek uit 44 skuts in die o/16 afdeling behaal het met ‘n goeie 857 punte.
- Nellie Geldenhuys het in die o/14 afdeling deelgeneem en behaal ‘n 6de plek uit 18 skuts met 703 punte.
- Johane Malan het in die o/16 afdeling deelgeneem en behaal ‘n 17de plek uit 44 skuts met 782 punte.
- William Muir het in die o/21 afdeling deelgeneem en behaal ‘n 14de plek uit 27 skuts met 796 punte.
ANHS is baie trots op hierdie skuts en 2022 lyk verseker belowend.
“Talent you have naturally. Skill is only developed by hours and hours and hours of beating on your craft.” – Will Smith.













