Hoër Landbouskool Marlow se top skuts presteer
ADVERTISEMENT
Trots Wolram-oomblik! Hoër Landbouskool Marlow se top skuts en hul afrigter het op Donderdag, 30 April, tydens ’n spoggeleentheid hul welverdiende Protea-baadjies ontvang. Hierdie vier gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die Wêreld Metaal Silhoeët Skietkampioenskappe in Finland van 4–18 Julie 2026. Ons is ongelooflik trots op julle prestasie en toewyding – julle dra die Wolram-naam met trots! Baie geluk manne!

Op die foto (vlnr): Gary Marx (Sappie), Niel Scheepers (Hilux), mnr. HB Siebert (Muis) en Charlie-Ben van Schalkwyk (Happies).









