Laerskool Randhart se pom-pom meisies skitter as Provinsiale Kampioene
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart bars van trots oor ons ongelooflike pom-pom-meisies wat ’n asemrowende eerste plek by die FDDCMGP Provinsiale Kampioenskappe in die Primary Performance Cheer-afdeling behaal het!
Julle harde werk en sprankelende spanwerk het behoorlik die skare se harte gesteel. Dankie dat julle met soveel passie en energie die Rantie-gees so mooi uitleef. Julle is ware sterre!










