HJS Paarl bied suksesvolle David Samaai-tennistoernooi aan
ADVERTISEMENT
HJS het die David Samaai-tennistoernooi 3 – 4 Februarie aangebied. Twee van HJS se spanne het deelgeneem. Die HJS-uitnodigingspan het Vrydag teen Stellenberg 9 – 0 gewen, teen Paul Roos 1 – 8 verloor en baie amper teen Gimnasium se A-span gewen. Hulle verloor 3 – 6 met twee van die enkels wat 7 – 8 eindig. Saterdagoggend klop hulle Stellenbosch en Curro Durbanville en eindig in die vyfde plek.
Die HJS A-span klop Vrydag vir Boland Landbou 7 – 2. Hulle maak skoonskip teen Curro Durbanville en Stellenbosch deur beide spanne met 9 – 0 af te ransel. Saterdagoggend klop die A-span vir Gimnasium 5 – 1 en in die finaal speel hulle baie mooi tennis, maar hulle verloor ongelukkig 0 – 5. Baie geluk aan albei ons spanne met hulle pragtige tennis. Stellenberg het ongelukkig ’n siek seun gehad; dus het Grant van der Merwe ook vir Stellenberg gespeel en ʼn paar van sy wedstryde gewen.










