Laerskool Bosveld woon Level 1 coaching course by
ADVERTISEMENT
Vrydag 20 Januarie tot Sondag 22 Januarie het Laerskool Bosveld die groot voorreg gehad om die jaar se Level 1 Coaching Course saam met die uitstekende Lizelle Erasmus, vorige afrigter van die bekende span Flames, te doen. Sy het ‘n ongeloofkike passie vir hierdie wonderlike sport. Ons het geweldig baie geleer en net weereens bewys dat ons nooit genoeg kan leer van Netbal nie. Ons het soveel nuwe dinge geleer, hoe om ‘n ware afrigter te wees, hoe om ons kinders te leer ken en hoe om voetspore agter te los. Lizelle Erasmus se gunsteling sê ding is “Leaving a Legacy”, dit is beslis wat sy gedoen het, en dit is wat ons as afrigters definitief moet onthou! Baie dankie Lizelle Erasmus vir die groot voorreg om saam U te kon werk!














