Hoërskool Montana oudleerder en Montie afrigter breek SA rekord in Italië
ADVERTISEMENT
Hoërskool Montana oudleerder en Montie afrigter breek SA rekord in Italië. Taylon Bieldt het Sondag, 4 Junie, deelgeneem aan die Città di Lucca-byeenkoms in Italië, waar sy ‘n nuwe SA-rekord opgestel het in die Women’s 100m Hekkies, met ‘n tyd van 12.76s. Baie geluk met hierdie uitmuntende prestasie, Taylon. Die Monties is trots op jou en wens jou voorspoed toe vir die res van die jaar se deelname. Taylon neem in Augustus deel aan die FISU World Student Games in Chengdu, China, asook die World Athletics Championships in Budapest, Hongarye. Alles van die beste, ons sien met verwagting daarna uit.












