Laerskool Hennopspark se jong wetenskaplikes het hul skool se naam trots uitgedra
ADVERTISEMENT
Laerskool Hennopspark se jong wetenskaplikes het die naweek van 23 tot 25 Augustus hul skool se naam met trots uitgedra deur indrukwekkende prestasies te behaal tydens twee gesogte wetenskap ekspos. Die leerlinge het hul kaalvoetnasie met uitmuntende projekte verteenwoordig en is ruim beloon vir hul harde werk.
By die Noord-Gauteng Ekspos vir Seniors, het die volgende Hennopspark-leerlinge toekennings ontvang: Meriete-toekenning: Ewan van Rensburg (Graad 7) het nie net ‘n meriete-toekenning gewen nie, maar is ook vereer met ‘n spesiale toekenning vir sy uitmuntende gebruik van Afrikaans in sy projek, “Daar is iets in die water.” Brons-toekenning: Christo van Wyk (Graad 7) het ‘n brons-toekenning verwerf vir sy projek, “Van geel na groen, hoe het ek dit gedoen?” Brons-toekenning en Beste Visuele Estetika: Anika du Toit (Graad 7) het ‘n brons-toekenning ontvang vir haar projek, “Hardloop met jou kop, hart en bene,” en is ook bekroon vir die beste visuele estetika.
Tydens die Noord-Gauteng Eskom Ekspos, waar leerlinge van Graad 4 tot 12 deelgeneem het, het Hennopspark se jong wetenskaplikes
hulself ook onderskei: Brons-toekenning: Lana Laubscher (Graad 4) vir haar projek, “Sout benadeel plante se
groei.” Silwer-toekenning: Eben du Preez (Graad 7) met sy projek, “Lig se refleksie of absorpsie op verskeie kleure,” en Reinhardt Rossouw (graad 6) met sy projek, “Blindekolmonitering vir ‘n fiets.” Afdelingswenner – Wetenskappe van die Aarde: Burger Duvenhage (Graad 6) vir sy projek, “Outonome reënmeter,” wat as afdelingswenner gekroon is.













