Laerskool Orion hokkiespelers ingesluit in die IPT spanne
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Orion se Reinhart Swanepoel en Sollie Cilliers wat die IPT o.14 Action Hokkie-span gehaal het, ’n besonderse prestasie aangesien hulle vanuit die o.12-groep opgetrek is! ’n Spesiale gelukwensing aan Christian Swanepoel (Graad 3) wat die o.10 10 IPT Action Hokkie-span gehaal het! Welgedaan, Ories! Ons is baie trots op julle!









