Hoërskool Dr Malan netbal skitter by die Menlopark toernooi
ADVERTISEMENT
Hoërskool Dr Malan skitter by die Menlopark-toernooi! Die netbal-dokkies het die afgelope naweek alles op die baan gelos tydens die Menlopark-toernooi. Dit was ’n naweek van intense kompetisie, ongelooflike spangees en uithouvermoë. Van naelbyt-gelykop uitslae tot klinkende oorwinnings teen van die land se top skole. Ons is ongelooflik trots op elke speler.















