Hoërskool Swellendam netbaluitslae
ADVERTISEMENT
Op Woensdag 29 April het Hoërskool Swellendam verskeie wedstryde tuis teen Swellendam Senior Sekondêre Skool afgelê. Dit was ’n dag vol sportmanskap en toewyding.
Die netbaluitslae is as volg:
- O.14: 27-12 gewen
- O.15: 25-8 gewen
- O.16: 21-28 verloor
- O.19: 25-12 gewen
Die Swellie-familie is trots om te sien hoe hierdie spelers altyd hulle bes gee en sien uit na die komende wedstryde.










