Die Brandwag Hoërskool neem deel aan die World Reading Aloud Day
ADVERTISEMENT
’n Groot aantal leerlinge van Brandwag het onlangs deelgeneem aan World Reading Aloud Day.
Die inisiatief is deur die Engelsdepartement by Brandwag aangegryp en leerlinge het elk ’n paar paragrawe hardop gelees.
Die voorlesings is opgeneem en aan die plaaslike Departement van Onderwys se vakadviseur vir Engels gestuur. Honderde Brandwagters het voorlesings gedoen en ’n hele paar leerkragte het by hulle aangesluit. Elk van die leerlinge het ’n sertifikaat vir hulle deelname ontvang.










