Hoërskool Durbanville leerder deel van die o.16 WP Noord hokkiespan
ADVERTISEMENT
Anděl Söhnge van Hoërskool Durbanville was die doelwagter van die o16 WP Noord hokkiespan by die Suidelike Interprovinsiale Streekstoernooi van 2-5 Julie op die astro’s van Paarl Gimnasium. Hul span het deurentyd uitstekend gespeel en met die brons medalje huis toe gekom.










