Hoërskool Kalahari hokkiedogters presteer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons hokkiedogters met hul uitstekende prestasie om vir die platteland-spanne gekies te word! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het beslis vrugte afgewerp.
- Courtney Malouly – gekies vir die o.14-span
- Maruschka Venter en Waylene Williams – gekies vir die o.18-span
- Mikayla Brits – gekies as non-travelling reserve vir die o.18-span
Hoërskool Kalahari is ongelooflik trots op julle prestasies en wens julle alle sterkte toe vir die pad vorentoe. Hou aan om die Kala-naam hoog te hou!
Skoolnuus in jou area word met trots geborg deur CC Steelworks & Mining Supplies














