Hoërskool Witteberg dogters speel spogkrieket op Derbydag
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg se 1ste dogterskrieketspan het op 16 Oktober teen die 1ste dogterspan van Voortrekker te staan gekom in ‘n T20 wedstryd.BVHS wen die loot en kies om eerste te kolf.
- Die boulwerk van die Wittebergers het vir BVHS niks gegee om mee te werk nie.
- In die eerste 4 beurte sit Lize van den Bergh en Mia Daacke ongelooflik baie druk op die kolwers van BVHS. Hulle staan onderskeidelik 3 en 4 lopies af om na 4 beurte die telling van BVHS op slegs 7 te hê.
- Leozé Lottering en Leanné Viljoen kom daarna in en saai verwoesting.
- Leanné neem in 3 beurte 2 paaltjies.
Leozé Lottering het die kolwers raadop gehad. Sy neem ‘n rekord 7 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 2 lopies af!
- BVHS se totaal na 11 beurte eindig op 21 vir die verlies van al 10 hul paaltjies.
- Na die ruskans betree Leozé Lottering saam met Amy Kotzé die kolfblad.
- Die twee behaal die 22 wenlopies in slegs 2.3 beurte.
Witteberg wen die wedstryd met 10 paaltjies.
![]()










