Laerskool Kenmare stap weg as wenners van die Dogterskrieket Super 12 reeks
ADVERTISEMENT
Laerskool Kenmare het vanjaar die voorreg gehad om geskiedenis te maak as gasheer skool vir die eerste aanbieding van die Dogterskrieket Super 12 reeks. Kenmare se Eerste span het die dag se geskiedenis net nog meer betekenis gegee toe hulle weg gestap het as Wenners van die Reeks.










