Laerskool Durbanville gholfspelers skitter in die Suid-Kaap Laerskool Gholfuitdaging
ADVERTISEMENT
Laerskool Durbanville leerders Nicholas Jansen van Rensburg, George Stapelberg, Xander Rossouw en Theo Strydom het ons skool van 25 -27 Oktober by die Suid-Kaap Laerskool Gholfuitdaging verteenwoordig. Nicholas en George het vir hulself derde plekke in die Better Ball-afdeling losgeslaan. In die algehele span-afdeling het Nicholas, George, Theo en Xander ‘n tweede plek behaal.

Foto: Xander Rossouw, George Stapelberg en Nicholas Jansen van Rensburg (Afwesig: Theo Strydom)









