Hoërskool Centurion dogters presteer in gholf
ADVERTISEMENT
Hoërskool Centurion wil graag vir Lea van der Merwe en Amé van der Merwe gelukwens wat die vakansie aan twee verskillende toernooie deelgeneem het. Die twee dogters het Gauteng-Noord by die Nomands SA Girls-toernooi verteenwoordig. In ‘n speelveld van 98 dogters, het Lea 16de en Amé 23ste geëindig. By die SA Hoërskool-meisiestoernooi het hulle die brutobeker met die minste houe vir die toernooi gewen. Hulle het ook 2de in die skole IPS-afdeling geëindig. In die individuele bruto het Lea 2de en Amé 3de geëindig. Ons as skool is baie trots op julle dogters met dié goeie prestasies. Baie geluk!










