Laerskool Outeniqua eerste gholfspan wen die Ernie Els qualifier toernooi
ADVERTISEMENT
Laerskool Outeniqua is baie trots op hul eerste gholfspan wat die Ernie Els Primary Schools Golf Challenge Qualifier gewen het. Met hierdie puik prestasie het die span gekwalifiseer vir die Nasionale Toernooi wat van 2–4 Augustus in Kimberley plaasvind.
Ons bedank ook graag die Southern Cape Golf Union vir hul pryse en ruim skenking. Julle ondersteuning word opreg waardeer. Baie geluk, Outies-gholfspan. Ons is ongelooflik trots op julle!











