Hoërskool Outeniqua leerder wen 3 jaar beurs in Ekonomie-opstelkompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Outeniqua is ongelooflik trots op Kelsey Justus wat ’n beurs vir drie jaar se studies gewen het met haar deelname aan die Ekonomie-opstelkompetisie! Hierdie besondere prestasie getuig van harde werk, deursettingsvermoë en akademiese uitnemendheid. Baie geluk, Kelsey!









