Laerskool Mooirivier netbalspelers lewer skitter spel in die NW Netbalspele
ADVERTISEMENT
Tokkies se onder 12A enigste span in die Keneth Kaunda distrik deur na SA Netbal. Op Saterdag 1 Junie het Mooirivier se onder 12 A netbalspan aan die NW Netbalspele deelgeneem. Nadat hulle 1ste is die Liga geëindig het speel hulle in Pool A en klop vir Kanana 18-6, Stella 32-5, Letlagona 33-1 en eindig 1ste in hulle Pool en vorder na die kwartfinaal. In die kwart-finaal word hulle punte toe gestaan en vorder hulle na die Semi-finaal waar hulle teen La Hoff uitspeel vir plek in die finaal Laerskool Moorivier klop La Hoff 18-14 en is dus deur na die finaal waar hulle teen Proteapark te staan kom. Ongelukkig val die meisies vas teen Proteapark met ‘n telling van 17-23 en word dus aangewys as NW naaswenners. Hulle vorder ook deur na SA Skole netbal wat op 12 en 13 Julie in Randburg plaasvind













