Laerskool Fontainebleau redenaars presteer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan elke deelnemer wat aan die semi-finaal van die ATKV redenaarskompetisie by Hoërskool Linden opgetree het! Julle harde werk, toewyding en moed om voor ’n gehoor te praat, is werklik bewonderenswaardig. Dit verg nie net kennis en voorbereiding nie, maar ook selfvertroue en passie – en elkeen van julle het dit ten volle uitgestal. Mag hierdie ervaring julle aanmoedig om aan te hou groei, vrae te vra, en jul stemme met trots te gebruik. Ongeag die uitslag, is julle reeds wenners. Fonties is trots op julle!














