Hugenote Laerskool is ongelooflik trots op hul klein bobaas-redenaar
ADVERTISEMENT
Hugenote Laerskool is ongelooflik trots op hul klein bobaas-redenaar, Liamari Bindemann, wat hul skool onlangs by die Nasionale finaal van die ATKV Redenaarskompetisie gaan verteenwoordig het. Hierdie klein pakkie praat-dinamiet het honderde sprekers in die Wes-Kaap uitgestof om die podium by Goudini saam met die land se bestes te bestyg. Om onder Suid-Afrika se top 20 redenaars getel te word, is voorwaar ‘n groot prestasie!
Liamari Bindemand










