Laerskool Bosveld landloop atlete laat hulle deur geen weer stuit
ADVERTISEMENT
Bossie landloop
Geen reën, koue of grondpad keer die Bossielandlopers nie. Saterdag die 9de April het die Landloopspan aan die eerste liga byeenkoms deelgeneem. Dit het die hele dag gereën. Dit het geen landloper gekeer on hulle beste te doen nie. Hulle het verskeie 1ste plekke, 2de plekke en 3de plekke behaal. Daar word uitgesien na ‘n baie lang seisoen. Geluk aan al die Laerskool Boveld landlopers.














