Afrikaanse Hoër Meisieskool swemmer presteer by die 17de Afrika Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
17de Afrika Swemkampioenskappe 2026. Oran, Algerië. Afrikaanse Hoër Meisieskool is trots op Mila se fantastiese prestasies op die internasionale verhoog!
- Goud in die 200m rugslag
- Goud in die 4 x 100m wisselslag-aflos
- Goud in die 4 x 200m vryslag-aflos
- Silwer in die 50m rugslag met ’n nuwe persoonlike beste tyd (PB!)
- Siek tydens die 100m rugslag
Mila sluit die kampioenskappe af met die ongelooflike eer van die:
- 2de beste algehele FINA-tyd vir Junior Vroue!
Die Suid-Afrikaanse span het ook geskitter deur die volgende trofeë te verower:
- Beste Junior Vrouespan
- Beste Junior Mansspan
- Beste Algehele Junior Span
- Beste Algehele Span
Baie geluk, Mila en Team SA — julle dra Suid-Afrika se naam met trots!










