Die Hoërskool Menlopark palm weer Pretoria se interhoër in
ADVERTISEMENT
Wanneer daar oor Die Hoërskool Menlopark atlete se sukses gereflekteer word, is daar net een resep vir prestasie en dit is volgehoue harde werk. Baie geluk aan elke atleet, afrigter en ouer! Julle ekstra myle in die 2022-seisoen het vrugte afgewerp. Algehele wenners:
- 1. Die Hoërskool Menlopark
- 2. Zwartkop
- 3. Waterkloof Wenners (dogters):
- 1. Die Hoërskool Menlopark
- 2. AHMP
- 3. Zwartkop Wenners (seuns):
- 1. AHS
- 2. Die Hoërskool Menlopark
- 3. Prestige College
Hierby is die trofeë vir aflosse, middelafstande en worpe aan Menlo se dogters toegeken. Hoewel die span uitste-kende prestasies behaal het, was daar geen tekort aan individuele briljantheid nie. Hier volg die hoogtepunte:
- Senior victrix ludorum: Alicia Khunou Senior victor ludorum: Ruan Oosthuizen
- Rekords wat na dese agter Parkie-name staan:
- Alicia Khunou o. 16 Gewigstoot 15.43 m Diskus 44.60 m
- Cellonika vd Berg o. 16 Gewigstoot 14.94 m
- Hanru Potgieter o. 17 Spiesgooi 70.72 m
- Leskin Samuels o. 15 Hoogspring 1.95 m
- Ruan Oosthuizen o. 19 400 m 46.94 sek
- Taelyn Smith o. 14 Hoogspring 1.83 m
- Niel van der Merwe o. 19 3 000 m 08:35:65 min
- Lesedi Khunou o. 19 Diskus 47.61 m
- Aiden Smith o. 19 Gewigstoot 19.21 m

















