Die Hoërskool Brandwag kragoptellers presteer puik
ADVERTISEMENT
Anika Maree en Chanté Mulder het weereens puik presteer by die SA Equipped Kragoptel. Hierdie twee leerders beweeg behoorlik van krag tot krag!
Anika Maree neem deel aan die onder 76 kg sub-junior equipped kragoptel. Sy verbeter die huidige SA rekord in bench-press en stap met die goue medalje en titel as SA kampioen weg ten spyte van ’n rugbesering. Chanté Mulder neem aan die onder 69 kg sub-junior en junior divisie deel. Sy verbeter die SA bench-press-rekord sowel as die deadlift-rekord. Sy stap ook met die goue medalje en SA kampioen-titel weg. Baie geluk aan Anika en Chanté, asook hulle afrigter, mev. Maritz. Brandwag is trots op julle.

Twee Brandwagters, Anika Maree en Chanté Mulder, vertrek vanaand na Johannesburg om deel te neem aan die SA Equipped Kampioenskap in kragoptel. Hulle word vergesel deur hulle afrigter, mev. Ilze-Mari Maritz Brandwag wens hulle alle sterkte toe.











