Die jaarlikse Hoërskool Framesby-padaflos was weereens ‘n reuse sukses
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse Hoërskool Framesby-padaflos het op Woensdag, 17 April plaasgevind. In snikhete hitte het 80 spanne, bestaande uit 320 atlete, die nuwe 4x2km aflosroete aangedurf. Die dag was groot pret en ‘n reuse sukses, wat geëindig het met groot gelukkige-trekking pryse vir die atlete, spesiale medaljes vir die top 2 posisies in elke kategorie, en kontantpryse vir die wenners van elke kategorie. Ons bedank ook vir Klinicare Pharmacists wat die medaljes geborg het. Sonder hul borgskap sou die padaflos van 2024 nie kon plaasvind nie. Die uitslae is as volg: Die uitslae is as volg:
Senior Dogters
- Goud: Hoërskool Brandwag A
- Silwer: Hoërskool Framesby A
- Brons: Collegiate Girls High School A
Senior Seuns:
- Goud: Grey High School A
- Silwer: Hoërskool Brandwag A
- Brons: Hoërskool Framesby A
Senior Gemengde Span
- Goud: Pearson Gemengde Span A
- Silwer: Hoërskool Framesby A
- Brons: Pearson Gemengde Span B
Junior Dogters
- Goud: Laerskool Handhaaf A
- Silwer: Laerskool Sunridge A
- Brons: Victory Christian School A
Junior Seuns
- Goud: Laerskool Kabega A
- Silwer: Laerskool Lorraine A
- Brons: Laerskool Handhaaf A
















