Laerskool Louis Leipoldt atlete vaar uitstekend in die distrikskampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die atlete het uitstekend gevaar tydens die distrikskampioenskappe wat op Vrydag 25 Februarie plaasgevind het. Laerskool Louis Leipoldt het 15 atlete gehad wat deelgeneem het. Slegs atlete wat posisie 1 of 2 bereik het dring deur na die Gautengkampioenskappe wat op 11 en 12 Maart te Pilditch plaasvind. Louis Leipoldt het 10 atlete wat aan die Gautengkampioenkappe gaan deelneem.

Van bo Jade Lemmer (1ste plek in diskus en spiesgooi) ; Hanno Bester ( 1ste plek in 1500m) Mienke Dekker ( 1ste plek in 1500m en 2de plek in 800m) Lara vd Poll ( 1ste plek in verspring, 2de plek in 75mH en 2de plek in 100m) ; William de Lange ( 1ste plek in 150mH en 2de in 75mH) Lee-Hane Mienie (2de plek 1200m) Kiara Grobbelaar (2de plek verspring) ; Chanene Barnard (1ste plek 1200m) Anje Fowler (2de plek 1200m)

Jayden Els (1ste plek in 100m en 150m)
Die 5 atlete wat uitgeval het almal ‘n 3de plek of 4de plek behaal. Ons is baie trots op elkeen van hierdie Leipie atlete van ons.









