Hoër Meisieskool Oranje 1ste hokkiespan is gerat vir 2022
ADVERTISEMENT
Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste hokkiespan het in sy eerste vyf wedstryde reeds getoon hy is gerat vir die jaar se hokkieseisoen. Die span het die naweek by ’n toernooi in Bethlehem in sy 5 wedstryde 53 doele aangeteken en 0 afgestaan. Dit het seges ingesluit oor Wykeham Collegiate, St. Anne’s, Transvalia (almal met 10-0), St. John’s (12-0) en Sasolburg (11-0). Hier is Elné Lourens in aksie.

Elné Lourens








