Spoggeleentheid vir Laerskool Aliwal-Noord se onder 13A- hokkiemeisiespan
ADVERTISEMENT
Die o.13A-meisieshokkiespan van Laerskool Aliwal-Noord het onlangs hul klereoorhandiging gehad – en wat ’n ware spoggeleentheid was dit nie! Die geleentheid was gevul met opgewondenheid, trots en dankbaarheid terwyl die dogters hul pragtige nuwe hokkieklere ontvang het. Die uitrustings is van uitstaande gehalte en laat die span nie net netjies lyk nie, maar bou ook spantrots en -gees.
’n Opregte woord van dank gaan aan ons ruim borge, Isuzu en Thums Up, wie se ondersteuning hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Sonder hul bydraes sou hierdie droom nie ’n werklikheid kon word nie. Die meisies is behoorlik bederf met al die wonderlike items wat hulle ontvang het. Baie dankie ook aan al die ouers en betrokkenes wat gehelp het om van die dag só ’n besondere en goed gereëlde geleentheid te maak. Julle ondersteuning en toewyding word opreg waardeer.















