Merensky Landbou Akademie atlete vaar puik by die SASA Atletiekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Drie van Merensky Landbou Akademie se atlete het uitestekend presteer tydens die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe (SASA) wat van 29 April tot 2 Mei by Pilditch Stadion in Pretoria plaasgevind het.
Ons Plasies het uitsonderlike prestasies op nasionale vlak gelewer en hulself teen die land se beste atlete goed gehandhaaf.
Uitslae:
• JP Botha – 3de plek in spiesgooi (seuns o.19) met ’n afstand van 56.04 m
• Wynand Benade – 4de plek in spiesgooi (seuns o.17) met ’n afstand van 59.24 m
• Leandré de Lange – 5de plek in driesprong en 7de plek in hoogspring
Net harde werk, toewyding en deursettingsvermoë kan sulke uitslae lewer. Om op hierdie vlak mee te ding en te presteer, is ’n besondere prestasie. Baie geluk aan hierdie atlete. Julle dra die Blou en Goud met trots!














