Hoërskool Jan van Riebeeck presteer by die Kwagga Top 10 Atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Hoërskool Jan van Riebeeck-atlete het weer eens hul merk gemaak met uitsonderlike vertonings by die Kwagga Top 10 Atletiekbyeenkoms te Oudtshoorn. Vir die derde agtereenvolgende jaar is hulle aangewys as die Beste Kleinskool (skole met tot 750 leerders) – ’n bewys van die toewyding, harde werk en ongelooflike gees van ons atlete. Hulle top prestasie van die dag was deur Erica Marias in die gewigstoot, waar sy ’n 2de plek behaal het met 936 APE-punte. ‘n Uitmuntende prestasie!
Hulle medaljewenners was:
- Wendy Mgolodela – 2de in spiesgooi
- Fredrich Erasmus – 2de in die 200m en
3de in die 400m hekkies - Brooklyn Heyens – 2de in verspring en
3de in driesprong
Elke atleet het met trots Hoërskool Jan van Riebeeck verteenwoordig en hulle bars van die trots!










