Laer Volkskool atletiek
ADVERTISEMENT
Baie dankie aan elke ouer, ondersteuner, onderwysers, beamptes en OOV helpers. Sonder elkeen se bydrae, harde werk en insette sou hierdie nie so ‘n geslaagde byeenkoms kon wees nie. Ons is baie dankbaar dat ons die byeenkoms suksesvol kon afhandel voor die ergste hitte van die dag. Die atlete het uitstekend gevaar en die Rupertspan met hulle vuurwaens en Reinetspan met hulle spoggerige Ford bakkie het gesorg vir groot opwinding. Natuurlik het die ouers en onderwysers ook gewys dat hulle nog baie stamina en spoed het in die aflositems. Baie geluk aan die blitsige ouers!
Twee pragtige rekords is verbeter: Hardus Lötter verbeter die 80m rekord vir seuns o.9. Die bestaande rekord was 12,87s en hy voltooi die resies in 12,79s. Lee- Jon Blignaut verbeter die 200m rekord vir seuns o.13. Die bestaande rekord was 30,16s en hy voltooi die resies in 28,18s. Lee- Jon hou tans ook rekords in 4 verskillende ouderdomsgroepe. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie.

Hardus Lötter

Lee-Jon Blignaut
Baie geluk aan die volgende leerlinge wat die meeste punte tydens die byeenkoms behaal het. Janike van Zyl verower die Victrix Ludorum Trofee en Gideon Viljoen die Victor Ludorum Trofee.

Janika van Zyl

Gideon Viljoen
Die Reinetspan het as wenspan uit die stryd getree met 869 punte teenoor die 800 punte van die Rupertspan. Baie geluk aan elke atleet wat hulle absolute beste gegee het. Die volgende byeenkoms vir die o.10 tot o.13 atlete vind plaas op Donderdag 8 Februarie 2024 op die Botanies se sportveld. Alle atlete wat eerste en tweede plekke verower het kwalifiseer vir die byeenkoms en moet dus tot die 8ste die atletiekoefeninge bywoon. Atletiek kry tot dan steeds voorkeur. Die o.7 tot 0.9 atlete se oefeninge sal vanaf Maandag 29 Februarie plaasvind soos op die buitemuurse kalender aangedui. Hulle eerste byeenkoms vind plaas op Donderdag 8 Februarie 2024. Atlete wat die eerste drie plekke verower het in die 60m en 80m kwalifiseer vir die byeenkoms en moet kom oefen.









