Curro Kathu Gr 7’s het taal lewendig gemaak op Spreekwoorde en Idiomedag
ADVERTISEMENT
Curro Kathu se Graad 7-leerders het taal op ’n kreatiewe en opwindende manier lewendig gemaak tydens ons Spreekwoorde- en Idiomedag. Met groot entoesiasme het die leerders verskillende spreekwoorde en idiome uitgebeeld, en elke kostuum en voorstelling het boekdele gespreek. Die dag was nie net vol pret en lag nie, maar het ook gewys hoe taal op ’n unieke manier verstaan en toegepas kan word. Ons is baie trots op die kreatiwiteit, deelname en geesdrif waarmee die Graad 7’s hierdie besondere dag aangepak het!



















