Netbal prestasie vir Laerskool Upington
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende dogters van Laerskool Upington wat na afloop van die NK-proewe gekies is as deel van die Noord-Kaap Robyne-span!
o.13
- Marneesha Titus
- ’n Spesiale gelukwensing ook aan Juffrou Riana Slabbert wat as spanbestuurder aangewys is.
o.12
- Joeke Linden
- Kayla Springbok
- Omphile Nkoane
Ons is ongelooflik trots op julle prestasies en die wyse waarop julle jul skool en provinsie verteenwoordig. Julle harde werk en toewyding het beslis vrugte afgewerp. Sterkte vir die toernooi — hou die Noord-Kaap-vlag hoog!














