Hoërskool Duineveld Aqualibrium span presteer
ADVERTISEMENT
Die span, bestaande uit Nicolaas Alberts, Drihan Venter en Albert Oberholzer, het uitstekend gevaar en ‘n besondere prestasie behaal deur 2de plek nasionaal te verwerf. Hierdie kompetisie fokus op innovasie, probleemoplossing en volhoubare waterbestuur — vaardighede wat vandag belangriker as ooit is. Julle harde werk, spanpoging en toewyding het werklik vrugte afgewerp. Baie geluk aan hierdie drie Velties wat Duineveld se naam hoog gehou het op nasionale vlak! Julle is ‘n inspirasie vir ons hele skoolgemeenskap












