Laerskool Tygerpoort redenaars laat hul stemme hoor
ADVERTISEMENT
Die redenaars-seisoen van Laerskool Tygerpoort skop af. Die redenaars het hul stemme laat hoor en hul talent opnuut bevestig tydens 3 spog gala-aande. Baie geluk aan al die graad-wenners:
- Laynie Strydom (Graad 1)
- Anè Hechter (Graad 2)
- Beau Labuschagne (Graad 3)
- Sebastiaan Bornman (Graad 4)
- Eli-zè Grobbelaar (Graad 5)
- Klarise Louw (Graad 6)
- Christian Groenewald (Graad 7)
Hierdie geleenthede het nie net as ‘n viering van welsprekendheid gedien nie, maar ook ‘n platform gebied vir die identifisering van die skool se top-redenaars. 36 leerders dring deur na die eerste ronde van die ATKV-kompetisie wat op 9 & 10 Mei gehou word.
By Tygerpoort glo ons vas: Die toekoms behoort aan dié wat durf praat – en ons kinders se stemme is beslis iets om na te luister.
















