Hoërskool Kathu leerder behaal die Robyne Netbalspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Olerato Rantsane! Hoërskool Kathu is ongelooflik trots om aan te kondig dat Olerato Rantsane gekies is om die o.18 Northern Cape Rubies Netbalspan te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skole Netbalkampioenskappe wat in Junie by EG Jansen plaasvind. Hierdie is ’n besondere prestasie en ’n bewys van Olerato se harde werk, toewyding en passie vir netbal. Ons wens haar alle sterkte toe terwyl sy teen van die land se beste jong spelers meeding. Gaan skitter, Olerato! Jou skool en gemeenskap staan trots agter jou!

Skoolnuus in jou area word met trots geborg deur CC Steelworks & Mining Supplies










