Hoërskool Driehoek aangewys as span van die Jens Netbaltoernooi
ADVERTISEMENT
Nie eens die uitmergelende Bosveld-hitte kon Hoërskool Driehoek keer om witwarm netbal te speel tydens die pas afgelope Jens Netbaltoernooi nie. Ons kan dan ook met trots aankondig dat Hoërskool Driehoek aangewys is as die Skool van die Toernooi!
Beonay Fisher is ook aangewys as die o/16 Speler van die Toernooi – baie geluk Beonay!
Verder het 9 van ons 10 spanne in die medalje-posisies geëindig:
Goud:
- o.15 A
- o.15 B
- o.16 A
- o.19 B
Silwer:
- o.14 B
- o.17 A
- o.19 A
Brons:
- o.14 A
- o.17 B
Ons harte loop oor van dankbaarheid teenoor elke speler, afrigter, beampte en ouer wat hierdie ongelooflike prestasie moontlik gemaak het…


















