AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Laerskool Eversdal hokkiespelers ontvang WP Kleure

  • Hoërskool Nico Malan ATKV Debatspanne skitter in Oos-London  

  • Laerskool Bellville-Noord netbalspanne vaar uitstekend op die Platteland

  • Hoërskool Framesby Flinkdinkers presteer

  • Hoërskool Framesby Gr 12 leerders presteer


HelderbergPaul Roos GimnasiumRegional NewsWestern Cape
Home›Regional News›Western Cape›Helderberg›Paul Roos Gimnasium vier 160-jaar van uitnemendheid

Paul Roos Gimnasium vier 160-jaar van uitnemendheid

By Karien Frans
26th February 2026
165
0

ADVERTISEMENT


Share:

Paul Roos Gimnasium vier vanaf 1 Maart sy 160ste bestaansjaar. Jannie de Villiers, die 17e rektor van die skool, som die vieringe as volg op: “In 2026 vier ons Paul Roos Gimnasium se 160ste bestaansjaar met diepe dankbaarheid. Vanuit ‘n nederige begin in 1866 het die skool gegroei tot ‘n instelling van uitnemendheid wat sy stigters se mees ambisieuse verwagtinge oortref het. Paul Roos Gimnasium is vandag ‘n wêreldbekende demonstraie van die krag van kwaliteit opvoeding. Die afgelope 160 jaar was die vergestalting van ons leuse, Semper Splendidior, en ons gaan die toekoms in met die wind in ons seile, gerugsteen deur ons gemeenskap, geloof en ononderhandelbare kernwaardes..”

Paul Roos se visie:  Geleë op die oewer van die Eersterivier, met die Stellenboschberg as agtergrond, lê die uitgestrekte kampus van die Paul Roos Gimnasium, ’n seunskool met ’n tradisie van uitnemendheid op alle terreine. Die skool streef daarna om ’n leidinggewende, gerespekteerde en relevante seunshoërskool vir Suid-Afrika te wees

Hierdie skool, wat in 1866 gestig is, is slegs ’n klipgooi vanaf die Universiteit Stellenbosch. Die noue verbintenis tussen die skool en universiteit spruit uit die gedeelde geskiedenis en die invloed van beide instansies op Stellenbosch. Die skool bied ʼn groot verskeidenheid topgehaltegeriewe — van ikoniese geboue op die hoofkampus tot wêreldklassportgeriewe op die uitgebreide kampus. Geriewe sluit die binnehuise krieketfasiliteit, die moderne JF Ferreira Gimnasium, toegang tot drie astrohokkievelde en die wêreldbekende Markötter-sportgronde in. Die drie koshuise, Prima,  Prima Nova en Secunda, bied verblyf aan leerlinge van regoor Suid-Afrika en ons buurlande.

JollaBollaGreyBloem

Kranslegging deur die hoofleiers en Gr8’s by die stigtersbeelde by die teologie fakulteit en Moederkerk op Stigtersdag

Paul Roos Gimnasium slaag daarin om sy leerlinge voor te berei op die wêreld van studie, ontspanning en werk.  Sedert die instelling van die Kanseliersmedalje van die Universiteit Stellenbosch het veertien Paul Roos-leerders die gesogte toekenning verwerf. Hierdie suksesse word toegeskryf aan die skool se missie om professionele onderrig van die hoogste gehalte te lewer en leerders toe te rus met die akademiese kennis en lewensvaardighede wat uitnemendheid en sukses in die samelewing verseker.

Die skool lewer die grootste getal Springbokrugbyspelers (56) op, maar duisende oudleerlinge in leiersposisies op die akademiese gebied en op die saketerrein getuig van die besondere vormende invloed van die rustigheid en veiligheid van een van die mooiste dorpe in Suid-Afrika; die stimulering en energie van die jeug, en talle geleenthede om aan bykans enige aktiwiteit, akademies en andersins, deel te neem. ’n Paar bekendes sluit in prof Wim de Villiers (uittredende US-rektor), sakelui soos Jannie du Randt en Johann Rupert, dr Leon Schreiber (minister van buitelandse sake) en vele ander wat op die akademiese, sport en kultuurvlak uitblink.

Die skool se 160 jaar van sukses berus op roemryke tradisies en waardes — die sogenaamde “old school values”, naamlik trots, respek en “gentlemanship”. Hier vind elke seun sy plek en is daar werklik ’n geleentheid vir elke seun om te presteer op een van die vele gebiede wat die skool aan hulle voorhou.

160-vieringe:

Die 160-vieringe word waardig op drie vlakke gevier:

Vir die leerders: Die tradisionele stigtersdagsaal word op Maandag 2 Maart gevier. Oud-skolier Dr Braam Hanekom (Matriek 1977) behartig die saalopening en die seëning. Frans van Niekerk, wat 38-jaar diens aan PRG gelewer het as onderwyser en koshuisvader, is die gasspreker vir die oggend.

Die graadagtleerders vergesel ook die leerderraad na die tradisionele kranslegging by die beelde van ons stigters op die gronde van die teologiedepartement van die Universiteit Stellenbosch.

Die seuns ontvang daarna hul tradisionele “donuts” en ’n spesiale 160-foto is geneem

Na die nabye PRG-gemeenskap: Die skool bied vir die eerste keer ’n pa-en-seun dinee met die tema 16 Dekades van Legendes aan. Die spesiale aand is ’n geleentheid vir pa’s en seuns om op ’n formele wyse tyd te spandeer. Die groot trekpleister van die aand is ’n paneelbespreking onderleiding van Jak de Priester met vooraanstaand pa-en-seun-pare uit die gemeenskap.

Na die breër gemeenskap/landswyd: PRG bied in Junie namens die Association for Public Boys’ Schools of South Africa die “Aspiring Deputies en Heads”-konferensie aan. Hierdie konferensie, met die tema: Terroir: a sense of place, word met die ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch, DKVG-prokureurs, Fairtree Investments en Koelenhof aangebied. Die uitgang van die konferensie is die ontwikkeling van die skoolleiers vir die toekoms deur ’n twee-dag konferensie waar deelnemers aan top sprekers uit die privaatsektor so wel as die onderwyssektor blootgestel sal word.

Die PRG-gemeenskap is trots op wat ons in die laaste 10-jaar vanaf ons 150-vieringe vermag het, en sien met trots en hoop uit na die volgende 15 jaar voor ons weer ‘n besonder mylpaal in ons 175ste bestaansjaar vier.

 

 

TagsVerjaarsdag
Previous Article

Laerskool Eureka ruiter presteer uitstekend

Next Article

Laerskool Oranje-Noord atlete ZFM Atletiekspan gereed vir ...

Share:

Related articles More from author

  • Hoërskool SwellendamOverbergRegional NewsWestern Cape

    Hoërskool Swellendam word 111 jaar oud

    5th March 2026
    By Andreneza Damonse
  • Die Hoërskool MenloparkGauteng PretoriaPTA EastRegional News

    Die Hoërskool Menlopark vier die hoof se eerste Menlo-verjaarsdag

    12th August 2024
    By Andreneza Damonse
  • BolandLaerskool Hugo RustRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Hugo Rust word hierdie jaar 75

    19th June 2024
    By Andreneza Damonse
  • HighveldHoërskool ErmeloMpumalangaRegional News

    Hoërskool Ermelo vier 110de verjaarsdag

    16th April 2024
    By Karien Frans
  • Hoërskool Ben ViljoenLimpopoRegional News

    Hoërskool Ben Viljoen vier 75ste verjaarsdag

    22nd February 2022
    By Andreneza Damonse
  • BolandLaerskool WA JoubertRegional NewsWestern Cape

    Laerskool WA Joubert sandput verjaarsdag

    20th March 2024
    By Meinette van Zyl

  • HighveldLaerskool SecundaMpumalangaRegional News

    Laerskool Secunda se o. 11A krieketspan is Mpumalanga wenners

  • Bethlehem Voortrekker HoërskoolFree StateNorthern and Eastern Free StateRegional News

    ‘n Skitterende 2de plek vir Bethlehem Voortrekker Dogterskrieket in liga

  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Volkskool

    Welkom Volkskool leerders ingesluit in Noord-Vrystaat hokkiespan

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

Some people call it school news. We call it awsum.

Africa’s premier school network offers a multi-tiered communication platform to schools that include: The AWSUM Newspaper, AWSUM App for Schools, the 24/7 school news website and AWSUM Clashes.

 

 

Our ‘awsumness’ includes: New technology and media, an income opportunity that will be your biggest source of income outside of school fees and a new perspective on school news on one of Africa’s fastest growing school news platforms

© 2025 Awsum News.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us