Laerskool Oranje-Noord atlete ZFM Atletiekspan gereed vir die Noord-Kaap byeenkoms
ADVERTISEMENT
Laerskool Oranje-Noord is ongelooflik trots op ons ZFM Atletiekspan wat hierdie komende naweek gaan deelneem aan die Noord-Kaap byeenkoms in Kimberley by die De Beers Stadion. Harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het gelei tot hierdie groot geleentheid. Julle verteenwoordig nie net julle skool nie, maar ook ons gemeenskap met trots en passie. Ons wens elke atleet en afrigters alle sterkte toe. Gee julle beste, geniet elke oomblik en ZOOM in Rooiby trots!














