Hoërskool Outeniqua leerders neem deel aan die Môreson Myl
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 21 Februarie 2026 het Karli Karstens en Johane’ Burger van Hoërskool Outeniqua aan die jaarlikse Môreson Myl by Island Lake in die Wilderness deelgeneem.Dis ‘n oopwater kompetisie wat oor ‘n afstand van 1,6 km plaasvind en hierdie jaar was dit die grootste nog met 208 swemmers,van alle ouderdomme,wat deelgeneem het. Dis dan ook die vyfde keer dat hierdie liefdadigheidsgeleentheid ter fondsinsameling vir die Môreson Kinder- en Jeugsorg Sentrum in George aangebied is.
V.l.n.r.: Karli en Johané.
Karli het die myl suksesvol voltooi. Haar statistieke is as volg:
- Tyd: 00:35.07
- Pas: 17:33/km
- Ouderdom (13 & onder): 6de van 18
- Vroue: 19de van 114
- Algeheel: 53ste van 208 deelnemers
Johané het ook die myl suksesvol voltooi en haar statestieke is as volg:
- Tyd: 00:37.29
- Pas: 18:43/km
- Ouderdom (13 & onder): 8ste van 18
- Vroue: 30ste van 114
- Algeheel: 77ste van 208 deelnemers
Dis inspirerend om te sien dat julle deur middel van jul sport ook julle deel vir liefdadigheid in die gemeenskap doen.










