Hoërskool Montana swem interhoër uitslae
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan elke leerder wat aan die swem interhoër deelgeneem het en Montana se naam hoog gehou het. Hierdie geleentheid was een van die mees mededingende interhoër-byeenkomste en ons is trots op elke Montie se prestasie. Baie geluk aan me. Liza van Niekerk en elke personeellid wat betrokke was. Die aanbieding was van uitmuntende gehalte. Die Montie-harte het warm geklop! Die skool het algeheel TWEEDEPLEK behaal, met die meisiespan in die vyfde plek en die seuns in die tweedeplek. Die Monties is baie trots op elkeen van julle.
![]()










