Laer Volkskool swemmers hou skool se naam hoog
ADVERTISEMENT
Uné Groenewald het op 3 Februarie 2024 aan ‘n B-groep gala deelgeneem te Port-Elizabeth. Die gala het ook gedien as proewe om te kwalifiseer vir n SA-skole gala. Uné is deur na die volgende proewe en moet 17 Februarie 2024 in Oos-Londen gaan deelneem waarna die Oos-Kaap se skolespan verkies se word. Baie sterkte en welgedaan!
Uné Groenewald
Vier swemmers het op 10 Februarie 2024 deelgeneem aan die Infinity gala te Port-Elizabeth. Naudé van der Merwe, JJ van Schalkwyk en Zenicke van Schalkwyk het almal podium plekke behaal tydens dié gala. Annabelle Kruger het ook uitstekend geswem, omdat sy al haar vorige tye verbeter het. JJ en Naudé was die voorlopers in hulle afdelings en het elkeen ‘n prys ontvang daarvoor. Baie geluk aan hierdie swemmers.
Annabelle Kruger, Zenicke van Schalkwyk, Naude van der Merwe, JJ van Schalkwyk










