Hoër Volkskool Swemgala reuse sukses
ADVERTISEMENT
Woensdag 31 Januarie het gesorg vir ‘n opwindende swemgala waar Hoër Volkskool se swemmers met veggees deelgeneem en ondersteun het. Verskeie rekords het gespat en het tot die matrieks met oorgawe deelgeneem aan die jaarlikse pret-resies.
Kate-Lynn Kruger het aan 9 items deelgeneem en 6 van die items se rekords verbeter. Met hierdie uitsonderlike prestasie, is sy as Victrix Ludorum aangekondig. By die seuns was ‘n moeiliker stryd tussen drie swemmers, maar Charl Conradie het as ‘n waardige Victor Ludorum weggestap
Kate-Lynn Kruger
Charl Conradie










