Laerskool Stulting karatekas verwerf hul SAJKA kleure
ADVERTISEMENT
Op 22 Mei is die SAJKA Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg gehou. Hierdie geleentheid is gekombineer met die All Africa Kampioenskappe wat deelnemers van regoor Afrika gelok het. Leo en Davidko Siemens, wat die ECP JKA verteenwoordig, het in hul onderskeie ouderdomsgroepe in Kata en Kumite meegeding en albei het silwer medaljes in Kata gewen. Hulle het hul SAJKA-kleure vir karate verdien en moet gelukgewens word met hierdie uitstekende prestasie.
![]()










