Hoërskool Volksrust vier uitsonderlike prestasie tydens die Kring Toekennings 2024
ADVERTISEMENT
Kring Toekennings 2024: Volksrust Vier Uitsonderlike Prestasies Op Donderdag, 30 Januarie, het Hoërskool Volksrust die jaarlikse Kring Toekennings met trots aangebied. Dit was ‘n geleentheid gevul met erkenning, waardering en viering van uitsonderlike akademiese suksesse.Ons skool se 100% slaagsyfer vir 2024 is as ‘n uitmuntende prestasie uitgesonder, en bykans al ons vakke het hierdie merkwaardige mylpaal behaal. Al die matriekonderwysers van 2024 is vereer met sertifikate en trofeë as erkenning vir hul toewyding en harde werk.’n Hoogtepunt van die dag was die skoolkoor se pragtige verwerking van Thela Moya, wat die gaste diep geraak het.Ons Top 5 akademiese presteerders is ook vereer met trofeë en sertifikate – ‘n bewys van hul deursettingsvermoë en akademiese uitnemendheid. Ons is ongelooflik trots op elke leerder en onderwyser wat tot hierdie prestasies bygedra het.












