Laerskool Hennopspark Revues blink uit
ADVERTISEMENT
Gedurende die week van 10–13 September het Laerskool Hennopspark se Junior- en Senior Revues aan die 𝙎𝙤𝙪𝙩𝙝 𝘼𝙛𝙧𝙞𝙘𝙖 𝘾𝙝𝙖𝙢𝙥𝙞𝙤𝙣𝙨𝙝𝙞𝙥𝙨 𝙤𝙛 𝙋𝙚𝙧𝙛𝙤𝙧𝙢𝙞𝙣𝙜 𝘼𝙧𝙩𝙨 (SACOPA) by die Moreleta ouditorium deelgeneem.
Albei ons revues het deurgedring na die finale ses revues, wat op Saterdag, 13 September, op die planke verskyn het – ’n ongelooflike prestasie op sy eie!
Junior Revue – Algehele 3de plek
Senior Revue – Beste kostuums
Ons is ongelooflik trots op hierdie talentvolle kinders en hul toegewyde span afrigters wat só hard gewerk het om hierdie produksies te laat skitter. ’n Groot dankie ook aan ons ouers vir julle onwrikbare ondersteuning – saam is ons sterker!
𝗩𝗼𝗹𝗹𝗲𝗱𝗶𝗴𝗲 𝘂𝗶𝘁𝘀𝗹𝗮𝗲:
𝗝𝘂𝗻𝗶𝗼𝗿 𝗮𝗳𝗱𝗲𝗹𝗶𝗻𝗴:
- 1ste – Laerskool Genl. Hendrik Schoeman
- 2de – Laerskool Impala
- 3de – 𝗟𝗮𝗲𝗿𝘀𝗸𝗼𝗼𝗹 𝗛𝗲𝗻𝗻𝗼𝗽𝘀𝗽𝗮𝗿𝗸
𝗦𝗲𝗻𝗶𝗼𝗿 𝗮𝗳𝗱𝗲𝗹𝗶𝗻𝗴:
- 1ste – Midstream Ridge
- 2de – Laerskool Impala
- 3de – Laerskool Vastrap
Baie geluk aan al die deelnemende skole met hierdie uitstaande prestasies – ons vier graag saam met julle!


















