Laerskool Hennopspark druk hul stempel af by die landswye Artistatue Redenaarsfinaal
ADVERTISEMENT
By die landswye Artistatue Redenaarsfinaal by Laerskool Wierdapark het Laerskool Hennopspark hul stempel duidelik afgedruk. Ons Graad 7-span het koning gekraai in die spanredenaar-afdeling – Katie, Ethan, Tiaan en Burger, julle harde werk en samewerking het werklik vrug afgewerp. Nou sien ons uit na die Oppitongaf-finaal wat voorlê.
’n Groot geluk ook aan Roelof Prinsloo, wat as wenner van Engels Addisionele Taal aangewys is, én aan Lelani van den Berg (Graad 4) wat ’n 1ste plek behaal het. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – julle wys daagliks wat dit beteken om hoog te streef.












